Sensei Johan van
Tonder is ‘n 6e dan karateka wat geaffilieer is onder
KWF/BKI SA Karate en WKF SA. Hy is tans afrigter van die
NWU Pukke karatespan.
Die Pukke het
die USSA titel al vir 21 jaar in ‘n ry verower. Sensei
Johan is lid van die KWF SA Shihankai en afrigter van
die KWF Sa karate span. Hy is ook ‘n A klas
internasionale KWF skeidsregter. Sensei Johan was vir
baie jare die Noordwes voorsitter wat baie suksesvol was
tyens sy tydperk as voorsitter.
Sensei Madelein van Tonder is ‘n 5e Dan karateka. Sy is
afrigter van die SAKWF karate span. Sy was ook vir ‘n
tydperk die hoofafrigter van die Noordwes. Sensei
Madelein het verskeie internasionale medaljes verower
met kumite. Sy het haar SA kleure in Alle Style verwerf
tydens die wêreld kampioenskappe in Algerië.
Sensei Arno van Tonder is ‘n 5e dan karateka. Hy is ‘n
nasionale KWF skeidsregter en het SA KWF verteenwoordig
in Skotland en hier het hy verskeie medaljes verower.
|
|
|
|
|
|
Johan van Tonder
(6de Dan) |
Madelein van
Tonder (5de Dan) |
Arno van Tonder
(5de Dan) |
|
|